
Dun, in die duisternis, menigde kanse verbeur. Wat roep? Wat gryp, aan die hart?
Nog ‘n slegte gewoondte. Nog ‘n swakheid wat die klein kind agter die ou gesig stom toe draai in ‘n koekon, gevangene. Ek kan, nie nou nie. Ek kan. Vroetel. Krimp. Sink tog net weg in ‘n gat laat ek wees wat ek was voor ek gebreek het.
Ek kan. Nie nou nie.
Die duiwel peusel aan my hart. Dag, in. Dag, uit. Knaag aan my siel. Hoeveel tyd?
Fortuin vir die bevoorregde. Lang pad vir die kind wat wou lang pad stap. Lang pad, net vir jou.


Leave a comment